Gaan na inhoud

Ingoesjetië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek van Ingoesjetië
ГӀалгӀай Мохк
Die ligging van Ingoesjetië in Rusland.
Die ligging van Ingoesjetië in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikNoord-Kaukasiese
Ekonomiese streekNoord-Kaukasiese
Stigting4 Junie 1992
Regering
HoofstadMagas
LeierJoenoes-Bek Jefkoerof[1]
AmpPresident
WetgewerVolksraad
Bevolking
Sensus2010
Totaal412 529
Volgorde75ste
Digtheid114,59 / km2
Stedelik38,3%
Plattelands61,7%
Statistiek
Oppervlakte3 600 km2
Volgorde81ste
TydsoneUTC+04:00
Registrasienommer06
Amptelike taleRussies, Ingoesjeties
Webtuistehttp://www.ingushetia.ru/
Wapen en vlag
Wapen
Wapen

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Die Republiek van Ingoesjetië (Russies: Респу́блика Ингуше́тия, Respoeblika Ingoesjetija; Ingoesjeties: ГӀалгӀай Мохк, Ğalğaj Moxk) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Die hoofstad is Magas.Dit is die kleinste van die federale deelgebiede buiten die twee federale stede, Moskou en Sint Petersburg.

Dit is op 4 Junie 1992 gestig nadat die OSSR Tsjetsjnië-Ingoesjetië in twee verdeel is.[2] Die republiek se inheemse bevolking is die Ingoesjetiërs. Die bevolking volgens die 2010-sensus is 412 529.[3]

Die naam Ingoesjetië is afgelei van die antieke dorp Ongoesjt (in 1859 hernoem na Tarskaja en in 1944 verskuif na Noord-Ossetië) en die Georgiese uitgang -eti – saam beteken dit "(land) waar die Ingoesj woon". Ingoesjetië is een van Rusland se armste en onrustigste gebiede. Die voortslepende militêre konflik in die naburige Tsjetsjnië het van tyd tot tyd oorgespoel na Ingoesjetië, en die republiek is gedestabiliseer deur korrupsie, ’n paar opspraakwekkende misdade (insluitende ontvoering en moord op burgers deur veiligheidsmagte van die regering [4]), opstande teen die regering, aanvalle op soldate en offisiere, Russiese militêre onmatighede en ’n afname in menseregte.[5][6]

Geografie

[wysig | wysig bron]
'n Kaart van Ingoesjetië en sy bure.

Ingoesjetië is aan die noordelike hange van die Kaukasusgebergte geleë. Dit grens aan die republieke Noord-Ossetië-Alanië (SW/W/NW/N) en Tsjetsjnië (NO/O/SO) en die land Georgië (S). Die hoogste piek is die Gora Shan[7] (4451 m).

Riviere

[wysig | wysig bron]

Groot riviere sluit in:

Natuurlike hulpbronne

[wysig | wysig bron]

Die republiek is ryk aan marmer, hout, dolomiet, kalkklip, gruis, graniet, warmbronne, mineraalwater, seldsame metale olie en gas.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel
  1. Echo Moskwi. У Ингушетии сегодня появился новый президент. Им стал Юнус-Бек Евкуров, 31.10.2008
  2. Верховный Совет РСФСР. Закон от 4 июня 1992 г. «Об образовании Республики Ингушетия в составе РСФСР». (Opperste Sowjet, RSFSR)
  3. Russiese 2010-sensus
  4. "Ingushetia's cycle of violence" (in Engels). BBC News. 3 Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2020. Besoek op 7 Januarie 2011.
  5. Urgent Need for Vigorous Monitoring in the North Caucasus Geargiveer 11 Oktober 2008 op Wayback Machine. Human Rights Watch/Reuters, 15 April 2008.
  6. People & Power – Ingushetia: A second Chechnya – 28 Okt. 09, Al Jazeera English op YouTube
  7. "Die Hoechsten" (in Engels). Gipfel-und-grenzen.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2016. Besoek op 7 Januarie 2011.